Skip to main content

Werk word by die Kimberley-myn gestaak

Op 4 Augustus 1914 is werk by die Kimberley-myn gestaak na 43 jaar. Die myn het onekonomies geword om te bedryf aangesien dit ‘n diepte van 1 083 m bereik het sonder om produksie op te lewer. Hierdie geleentheid het ‘n baanbreker-episode in die Suid-Afrikaanse ingenieursgeskiedenis beëindig.

Die geskiedenis van die Kimberly-myn het begin met die ontdekking van diamante in 1867. Die ontdekking van diamante in Suid-Afrika het baie Europeërs gelok met die vooruitsig om hul fortuin by die diamantmyne te maak.

Bekende politici en sakemanne soos Barney Barnato en Cecil John Rhodes het ‘n fortuin by die Kimberly-myne gemaak. Afrikane van die landelike gebiede aangrensend aan Kimberley is ook na die myne gelok. Die belangrikste hiervan was die Barolong- en die Batlhaping, Tswana-groepe wat histories inwoners van die gebied was.

Bron: SAHO

Leave a Reply

error: Content is protected !!