Die SAPD se provinsiale georganiseerde misdaadeenheid het ‘n massiewe soektog van stapel gestuur nadat ‘n groep swaar gewapende verdagtes na bewering gister in die vroeë oggendure twee kitsbanke by Moletlane Plaza opgeblaas het.
Volgens inligting was ‘n 49-jarige veiligheidswag omstreeks 02:00 by die Plaza aan diens toe hy na bewering ‘n groep gewapende verdagtes opgemerk het. Hulle het hom glo ook opgemerk en agter hom begin aanjaag. Die wag het blykbaar daarin geslaag om die rowers te ontduik. Terwyl hy weggekruip het, het hy ‘n ontploffing gehoor, en oomblikke later het die verdagtes teen ‘n hoë spoed in ‘n onbekende voertuig van die toneel gevlug.
Twee outomatiese tellermasjiene (OTM’e) is opgeblaas en die verdagtes het daarin geslaag om van die toneel te vlug met ‘n onbekende bedrag geld.
Die polisie is onmiddellik in kennis gestel en het twee aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en twee aanklagte van besigheidsroof geopen.
’n Soektog na die betrokke verdagtes is van stapel gestuur.
Die polisie doen ‘n beroep op enigiemand met inligting wat tot die arrestasie van die verdagtes kan lei om dringend speurkaptein Lesetja Mogotlane by 082 451 7232 of Stop Misdaadnommer 08600 10111 of die naaste polisiestasie of MySAPSApp te kontak.
Die polisie-ondersoeke duur steeds voort.