Oosthuizen-gesin verdwyn in ‘n massiewe sinkgat in Carletonville
Die Oosthuizen-gesin het in ‘n myndorpie genaamd Blyvooruitzicht in Carltonville gewoon. As gevolg van die gebied se uitgebreide ondergrondse mynbou, het dit bekend geword vir onstabiele grondtoestande en sinkgate.
Die hele Oosthuizen-gesin met hulle drie kinders asook hulle inwonende huishulp, hulle hele huis en kar is tot vandag toe nie weer gesien nie.
Dit is nie bekend hoe diep die sinkgat werklik was nie, maar die deursnee het ongeveer 100m beslaan.
Reddingspanne het probeer om na oorlewendes te soek, maar moes dit laat vaar nadat dit duidelik geword het dat geen oorlewendes gevind sou word nie.