Skip to main content

George April

Die vermeende moordenaar van ‘n vrou in Mangaung in Vredendal wat vandag vir die eerste keer in die Vredendal hof aansoek doen vir borgtog, was al skuldig bevind vir ‘n vorige moord.

Volgens kaptein FC Van Wyk, ‘n polisiewoordvoerder, was Henry Moses saam met twee mans skuldig bevind aan die moord op ‘n man in November 2006.  Hy was 8 jaar tronkstraf opgelê vir daardie moord.

Die Waarheid het op 17 April berig oor die wrede dood van Monique Thaboshe (23j) wat deur haar saamleefmaat Moses (38) aangerand is.  Moses het egter ontken dat hy die oorledene aangerand het, en is na ‘n nag in die selle weer vrygelaat.

Dit was egter nie die eerste moord waarvoor Moses aangekla was nie, maar die eerste moordklag was weens die dood van ‘n man.

Maar nadat die nadoodse ondersoek bekend gemaak was, is Moses aangekla vir moord.  Na sy eerste hofverskyning het hy egter besluit om nie aansoek te doen om borgtog nie.

Toe hy egter Dinsdag 25 Julie in die Vredendal hof voorgekom het vir ‘n streekhofdatum, het hy skielik ‘n ander deuntjie begin sing. Die hof het sy streekhofverskyning vasgestel vir 3 Oktober, waarna die vermeende moordenaar aansoek gedoen het om borgtog.

Die hof het sy aansoek goedgekeur, daarom sal die Vredendalse landdroshof sy aansoek vandag aangehoor.

Familielede en gemeenskapslede in Vredendal Noord en Mangaung beplan egter om die borgtog aansoek teen te staan, deur voor die hof te betoog.  Die Waarheid is ook betroubaar ingelig dat gemeenskapslede ‘n petisie geteken het om borgtog teen te staan.

Die oorledene was blykbaar deur haar kêrel aangerand, omdat sy by ‘n vriendin gekuier het. Henry het haar by haar vriendin gaan haal en tuis wreed aangerand.

Monique het na die aanranding weer na dieselfde vriendin gegaan, en vertel wat met haar gebeur het. Die familielid wat verkies om anoniem te bly, het so op vrae reageer.

“Ons weet nie of Henry haar weer aangerand het nadat sy huis toe gegaan het nie. Hy het egter die oggend uitgevind dat sy dood lê langs hom. Hy het egter ontken dat hy Monique aangerand het, en is die volgende oggend vrygelaat.”

Hy en sy familie het vertel dat die vrou tuberkulose en ander siektes gehad het waaraan sy kon gesterf het, daarom was hy vrygelaat. Maar danksy die nadoodse ondersoek daarna, is bevind dat sy gesterf het van ‘n hou teen haar kop waarna Moses aangekla was vir moord.

“Ja, Henry het gereeld vir Monique aangerand, en ons het haar gesoebat om hom te los, maar sy wou nie. Hy het nie gewerk nie, en sy moes by vriende en familie geld soek vir hom, omdat hy drugs gebruik het. Ons moes ook opdok vir hul kind se doeke of enige behoeftes wat Monique vir haar kind gesoek het.”

Die oorledene laat ‘n 2 jarige kind na, wat nou deur die vermeende moordenaar se ma grootgemaak word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!