Skip to main content

Isaac Cloete

 “Hoe kan jy nog aan my man bloed skenk wat reeds oorlede is?”

So moes Marlene Muller van Concordia onlangs ‘n verpleegter by die dr Izak van Niekerk hospitaal op Springbok op die vingers tik.

Volgens haar het sy die betrokke dag, 26 Junie, teen drie-uur (besoektyd) by die haar man, Robbie Young, se sterfbed opgedaag. Hier is ‘n verpleegster vir ongeveer 25 minute by die saal in en uit. Sy was besig om Robbie gereed te kry vir bloedtoediening.

Nadat sy bloed en suiker getoets was, het sy ‘n plekkie in Robbie se lies met ‘n lappie ontsmet vir die bloed-inspuiting met die naald. Hierna kon Marlene dit nie meer hou nie. Sy vertel hartseer: “Ek moes haar toe vra of sy besef het dat hy al ‘n kwartier gelede gesterf het. Hierna is die saalsuster geroep. Dié het vir my kom vra of ek besef het wat gebeur het. Sy het probeer om die slegte nuus simpatiek aan my oor te dra. Dit, nadat ek hulle moes attent maak dat hy al gesterf het.”

Volgens Marlene het die drama al vroeër die oggend begin. Dis toe die hospitaal probeer het om haar en die kinders in die hande te kry. Die verpleegster het al die tyd na ‘n verkeerde nommer (haar oorlede man s’n) gebel. “Sy het my dus konfronteer hoekom het ek nie my foon beantwoord nie.

 “Ek het hulle gewys dat my foon in ”n sakkie oor my skouer hang en dat daar geen oproepe van die hospitaal was nie. Die suster aan diens het my toe die nommer gewys wat sy geskakel het. Sy het astrant bygevoeg dat ek nie ‘n ander nommer gegee het nie.”

Die hartseer weduwee moes die verpleegster (nog ‘n keer) daarop wys dat die nommer wat sy gebel het, langs haar man se naam op die pasiëntevorm staan. Hy was mos die pasiënt. En op dieselfde vorm was Marlene se selnommer groot en duidelik langs haar naam aangebring.

Die gesindhede van die personeel het skielik verander waarna hulle aan Marlene gesê het:

“Ons het amper jou man verloor. Kon hom darem weer bybring. Jy moet maar die kinders laat weet.”

Marlene moes vinnig probeer om die kinders te kontak. Robbie se een seun was betyds by die hospitaal. Die sekuriteit wou hom ongelukkig nie inlaat nie. So het sy pa gesterf voor hy kon afskeid neem.

Marlene vertel verbitterd dat die kommunikasie by die dr Izak van Niekerk hospitaal veel te wense oorlaat. Maar sy het berusting gekry. Intussen het Rene Carstens vertel ‘n soortgelyke ervaring met haar man hier.

Volgens Kamila van Wyk, hoof van die hospitaal sou sy Vrydag (28.07.23) met Marlene hieroor skakel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!