Skip to main content

’n Verdagte sal na verwagting vandag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is terwyl hy landuit wou vlug.

Die man is Dinsdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy sedert Julie 2020 op die Valke se radar was.

Daar word beweer dat die verdagte bedrieglike dokumente ingedien het om aansoek te doen vir voertuigfinansiering by ‘n handelaar in Pietermaritzburg. Dit is toegestaan en hy is vort met ‘n voertuig ter waarde van meer as R1,1 miljoen.

Ná die ontdekking van die bedrieglike dokumente en wanbetalings wat gevolg het, is die saak by die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad aangemeld vir verdere hantering. ’n Lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik en hy sal teregstaan op aanklagte van bedrog.

Leave a Reply

error: Content is protected !!