Skip to main content

St James Kerk bloedbad

Azanian Peoples’ Liberation Army (APLA – die gewapende vleuel van die Pan-Africanist Congress) het tydens die Sondagaanddiens die St. James Church in die Kaapstadse voorstad Kenilworth aangeval. Ongeveer 1000 gemeentelede was daardie tyd in die kerk.

Outomatiese wapens en twee granate is deur die APLA-kaders gebruik om elf kerkgangers te vermoor en 58 te beseer. Vier van die wat gesterf het was Russiese matrose wat die diens bygewoon het as deel van ‘n kerkuitreikprogram. Nog ‘n matroos het albei bene en ‘n arm verloor.

Die St James Church Massacre was een van ‘n string APLA-aanvalle en is later daardie jaar gevolg deur ‘n aanval op die Heidelberg Tavern in Observatory waarin 4 mense dood is.

Ballistiese toetse het bewys dieselfde wapens is in albei aanvalle gebruik.

Gcinikhaya Makoma is tien dae ná die St James Church-slagting in hegtenis geneem. Hy is skuldig bevind aan 11 moorde en tot 23 jaar tronkstraf gevonnis.

Sichumiso Nonxuba, Thobela Mlambisa en Basie Mkhumbuzi is daarna in 1996 gearresteer en aangekla. Terwyl hulle verhoor aan die gang was, het hulle by die Waarheids- en Versoeningskommissie om amnestie aansoek gedoen. In ooreenstemming met sy mandaat dat misdade waarvoor amnestie gevra is ‘n politieke motivering het en dat aansoekers die besonderhede van die misdaad ten volle openbaar maak, het die WVK amnestie aan Mlambisa, Mkumbuzi en Makoma toegestaan.

Nonxuba is in ‘n motorongeluk dood terwyl hy op borgtog was en voordat die WVK-proses afgehandel is. In sy bevindinge het die WVK verklaar dat die teiken van burgerlikes “’n growwe skending van menseregte … en humanitêre reg” is. Verskeie van die kerklede wat beseer is of familielede in die aanvalle verloor het, insluitend een gemeentelid wat op die aanvallers teruggeskiet het, het later ontmoet en in die openbaar met die APLA-aanvallers versoen.

Bron: SAHO

Leave a Reply

error: Content is protected !!