Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Geowetenskap het Saterdagaand bevestig dat ‘n aardbewing omstreeks 18:46 geregistreer is naby die Harmony Doornkop-goudmyn aan die Wes-Rand in Gauteng.

“Die aardbewing het ‘n sterkte van ongeveer 2.98 geregistreer soos bevestig deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Seismograafnetwerk (SANSN),” het die raad in ‘n verklaring geskryf.

Daar is tot dusver geen inligting oor skade aan infrastruktuur of eiendomme in daardie gebied nie.

Geen beserings is aangemeld nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!