Skip to main content

President Cyril Ramaphosa het gister tydens ‘n seremonie by die Uniegebou in Pretoria gebaretaal die 12de nasionale taal gemaak.

Dit maak Suid-Afrika die vierde land in Afrika wat gebaretaal as amptelike taal erken.

Leerlinge met gehoorgestremdheid was teenwoordig tydens dié geleentheid.

“Dit sal kwessies van toegang tot onderwys, ekonomiese en ander maatskaplike dienste oplos. Mense met gehoorgestremdheid sal openbare inligting kan hê,” het president Ramaphosa gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!