Die veroordeelde dwelmhandelaar en vermeende leiersfiguur van die 26-bende, Fadwaan Murphy, het ‘n joernalis Dinsdag tydens sy vonnisverrigtinge in die Wes-Kaapse hooggeregshof voor swaar gewapende polisielede met die dood gedreig.
Murphy het die ondersoekende joernalis Aron Hyman, aangegluur en toe sy duim oor sy keel getrek en gesê, “jy is dood”, en na Hyman gewys.
Murphy is op 12 Julie skuldig bevind aan 197 aanklagte wat verband hou met aanklagte van die bestuur van ‘n kriminele onderneming wat die Kaapse Vlakte oorstroom het met die dwelmmiddel tik.