Skip to main content

Dr. Eschel Rhoodie word gearresteer

Dr. Eschel Rhoodie is by die Franse Riviera-oord Juan les Pins gearresteer. Hy sou op 31 Julie 1979 in Aix-en-Provence vir uitleweringsverrigtinge verskyn. Dit het gevolg op die ontvangs van uitleweringsdokumente van die Suid-Afrikaanse regering.

Rhoodie was een van die sleutelspelers in die 1978-’79 ‘Inligtingskandaal’. Hy het vanaf 1972 die sekretaris van die departement van inligting gedien, terwyl dr Connie Mulder minister van die departement was.

Op 13 Januarie 1979 het die Suid-Afrikaanse regering die Suid-Afrikaanse bates van Rhoodie bevries na aanleiding van die Erasmus-kommissie se Verslag van 1978. Daar word ook berig dat die regering beslag gelê het op geheime fondse wat in private rekeninge buite die land gedeponeer is.

 

Bron: SAHO

Leave a Reply

error: Content is protected !!