Skip to main content

As jy van treinry hou, iets wat mens nie sommer meer vandag in ons land kan doen nie, dan is hierdie brokkie nuus spesiaal vir jou.

As jy vir sewe dae wil wegbreek uit die lewe, en ‘n paar duisend rand spaar het, kan jy ‘n eenrigtingrit op die Trans-Siberiese trein geniet. Ons sal egter aanraai dat jy wag tot die huidige oorlog verby is.

Nie net is die Trans-Siberiese Spoorweg die langste spoorlyn in Rusland nie, maar dit is ook die langste een ter wêreld. Die reis op hierdie roete, vanaf Moskou na Vladivostok , duur sewe dae en passasiers reis deur agt verskillende tydsones en steek 3 901 brûe oor tydens die 9 258 km rit.

As jy die hierdie rit wil meemaak, sal dit sowat R15 200 kos in ‘n tweedeklas-kompartement. Die Trans Siberian Railway 1ste klas kaartjieprys is ongeveer R23 800.

Leave a Reply

error: Content is protected !!