Skip to main content

‘n Jack Russell is gered nadat hy 60 m ver in een van die Verenigde Koninkryk se hoogste watervalle afgetuimel het.

Die hondjie, Louis, het Sondagmiddag met die Grey Mare’s Tail in Dumfries en Galloway afgeduik.

Ondanks die geweldige hoogte van die waterval, is die hondjie ongedeerd behalwe vir effense mankheid.

Sowat 15 lede van die vrywilliger-groep Moffat Mountain Rescue Team (MRT) is na die toneel nadat die hond se eienaar die polisie van die val in kennis gestel het.

Die span het ‘n toustelsel opgestel om ‘n enkele spanlid met ‘n gespesialiseerde Lyon-dierreddingsak te laat sak toe hulle Louis in een van die onderste poele gewaar het.

Die hond is in die sak geplaas en teruggebring na die parkeerterrein met behulp van die toustelsel en reddingstoerusting.

Leave a Reply

error: Content is protected !!