Skip to main content

Daniel Makwakwa, ’n 22-jarige man is oor die naweek in Calcutta gearresteer is vir die besit van ’n ongelisensieerde jaggeweer.

Makwakwa het gister in die Mkhulu-landdroshof verskyn op die genoemde aanklagte en hy is in aanhouding. Hy sal na verwagting ’n aansoek om borgtog doen wanneer hy môre weer in die hof verskyn.

Die polisie het inligting ontvang oor mense in Huntington wat beplan om binne Skukuza, in die Krugerwildtuin, te stroop.

Die polisie het op inligting oor ‘n adres gereageer en ‘n man asook ‘n ongelisensieerde jaggeweer
in die huis gevind. Die verdagte is dienooreenkomstig aangekla. Die vuurwapen sal aan ballistiese toetse onderwerp word om te bepaal of dit nie in die pleging van misdade elders gebruik is nie. Nog aanklagte kan moontlik teen die verdagte bygevoeg word, hangende die ondersoek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!