Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) stel sy eerste nasionale nuusdiens bekend
Die geskiedenis van uitsaaiwese in Suid-Afrika kan teruggevoer word na 1923, toe die eerste draadlose uitsending in Johannesburg gemaak is. Teen April 1927 is ‘n uur se Afrikaanse programmering en een daaglikse nuusbulletin in Afrikaans uitgesaai.

Onvoldoende befondsing het die vordering van die uitsaaier begin strem en ‘n ondersoek na alle aspekte van uitsaaiwese in Suid-Afrika is deur die Eerste Minister van Suid-Afrika, JBM Hertzog, van stapel gestuur.

Die uitkoms van die ondersoek het gelei tot die stigting van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) en teen 17 Julie 1950 is ‘n kommersiële radiodiens gestig, met daaglikse nuusbulletins in beide Engels en Afrikaans – en hierdie radiodiens was algemeen bekend as Springbok Radio.

Uitsendings was aanvanklik beperk tot die Johannesburg-omgewing, maar het gou in die meeste groot sentrums in Suid-Afrika beskikbaar geword. Die SAUK het in die 1960’s en 1970’s gegroei namate meer radiostasies, wat in geselekteerde Afrikatale uitgesaai het, gestig is. Hulle is regdeur die 1970’s en 1980’s steeds as mondstukke van die Nasionale Party (NP)-regering beskou.

Nog ‘n ontwikkeling in die tweede helfte van die 1970’s was die bekendstelling van televisie in Suid-Afrika nadat die regering dit vir ‘n aantal jare gekeer het. Hierdie medium is ook deur die regering beheer en het sodoende hul belange daarmee bevorder.

Leave a Reply

error: Content is protected !!