Skip to main content

Die ANC Jeugliga het ‘n skrywe gerig aan die stasiebevelvoerder by die Tomburke SAP om hom/haar in te lig dat hulle vandag gaan opruk na die Enel Groen Solar Plant. Die beginpunt vir die optog sal by Sefitlhogo Village wees.
Padgebruikers wat vandag die Groblersbridge/Martins Drift grenspos oorsteek, en in die rigting van R572 Tom Burke/Lephalale sal hierdeur geraak word.
Marlboro
Dan is daar ook protesaksie aangemeld by die kruising van Pretoria Main Road (M11) en Violalaan, Marlboro
Paaie word deur brandende bande en puin afgesper. Gebruik asseblief alternatiewe roetes.
Rustenburg / Zinniaville
Paaie is steeds versper by die Rainbow Chicken groothandelhuis en die Townlands pad.
Vermy asseblief die area aangesien die betogers aggressief is en na alle waarskynlikheid op enige provokasie sal optree.

Leave a Reply

error: Content is protected !!