Speurders verbonde aan die provinsiale handelsmisdaadeenheid se ondersoeke het gister gelei tot die arrestasie van ‘n 33-jarige vrou op ‘n aanklag van bedrog.
Die verdagte het glo potensiële beleggers gelok om te belê in ‘n eiendom, waarvan sy die enigste direkteur was, met ‘n potensiële opbrengs op hul belegging. Verskeie slagoffers het tussen 2021 en 2022 fondse van meer as R5 miljoen by haar belê. Die verdagte het egter die fondse wat direk in haar bankrekening inbetaal is, wanbestee.
Die verdagte sal na verwagting vandag ‘n hofverskyning in die Wynberg-landdroshof maak.