Skip to main content

Drie verdagtes van 26, 36 en 37 jaar sal binnekort hul eerste verskyning in die hof maak ná hul inhegtenisneming in ‘n multidissiplinêre operasie deur ‘n operasionele span bestaande uit die Valke se Taktiese Operasionele Bestuursafdeling, Ekurhuleni SAPD Distrik Trio Taakspan, SAPD Benoni Voertuig Crime Investigation, Tracker Connect, Badboyz Security en ICB-Insurance Crime Bureau gister, in Tsakane, in die Oos-Rand.

Inligting is ontvang dat ‘n groep verdagtes in besit was van vermoedelik gesteelde motorvoertuie in Tsakane. Die geïdentifiseerde perseel is dopgehou. ‘n Ford Ranger het die perseel verlaat en die span het dit voorgekeer.

’n Verdagte is in hegtenis geneem en die voertuig se besonderhede is nagegaan. Die Ford Ranger is as gesteel aangemeld en ‘n saak is in Sophiatown geopen. ‘n Ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie is ook in die voertuig gevind.

Die perseel is daarna deursoek, waarna nog twee verdagtes gearresteer is. Vier ander (4) gesteelde voertuie, ‘n Hyundai H1, BMW, VW Golf 5, en Nissan trok, asook ‘n verskeidenheid ammunisie, voertuigregistrasiedokumente en ‘n klomp selfone is gevind. Die polisie het op alles beslag gelê.
Die verdagtes sal teregstaan op verskeie aanklagte, van die besit van vermoedelik gesteelde/gekaapte motorvoertuie, die besit van registrasiepapiere wat aan gesteelde motorvoertuie behoort, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en onwettige ammunisie, wanneer hulle in die Tsakane-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

error: Content is protected !!