Ewolusie is soms die oorsaak van rare, maar sinvolle verskynsels, soos grotvisse wat nie oë nodig het om in die duisternis te kan sien nie en dus daarsonder oor die weg kom.
Een insek wat wetenskaplikes egter geskok het, is ‘n Suid-Amerikaanse kewer wat geen brein het nie.
Dié kewers woon op die ewenaar en lei eenvoudige lewens ondergronds waar hulle nie prooi vir enige insekvretende predatore is nie.
By nadere ondersoek is daar bevind dat hierdie kewers geen neurale netwerke of breinselle gehad het nie. Dit blyk dat die neurone in hul pote en ander liggaamsdele die take van beheer oor beweging en hoe om kos te vind, oorgeneem het.
Hierdie faktore het veroorsaak dat die goggas onder die bynaam van ‘sponsgoggas’ bekend staan omdat sponse ook nie breine het nie.