Die polisie in die Ekurhuleni-distrik, in samewerking met private veiligheidsdienste, het gister in Alberton beslag gelê op skeepsvraghouers wat meer as 100 sakke sirkoon (zircon) ter waarde van R300 000 bevat het.
Die besending was op pad na Gauteng vanaf Richardsbaai.
Inligting het die span na ‘n adres in Alberton gelei en na ‘n deursoek-operasie op die perseel is die skeepsvraghouers met die sakke sirkoon ontdek.
Verdere ondersoeke is nog aan die gang.