Skip to main content

Rapule Mokoena, ‘n 26-jarige dieresmous wat vir jare lank oop en bloot diere verkoop het by ‘n kruising in Tarlton, gaan lank sit.

Hy het onder meer ongespeende katjies en hondjies, asook slange, skilpaaie en verkleurmannetjies aan verbygaande motoriste verkoop.

Die Johannesburg Wildlife Veterinary Hospital en Friends of Rescued Animals (Fora), het 18 maande lank gespook om ‘n skuldigbevinding in ‘n hof te bekom, en dit het uiteindelik eergister gebeur.

Mokoena moet 45 maande tronkstraf uitdien, ‘n vonnis waarvan slegs ‘n klein gedeelte opgeskort is, vir dieremishandeling nadat hy skuldig gepleit het op 13 aanklagte wat die oortreding van die Dierebeskermingswet en die Gautengse bewaringsordonnansies insluit. Die vonnis het nie die keuse van ‘n boete ingesluit nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!