Die polisie het die afgelope week 12 mense geïdentifiseer wat verbind word met die brand van 21 vragmotors langs die land se nasionale snelweë, wat die N3, N2 en N4 insluit.
‘n Hoëvlakvergadering is deur provinsiale polisiekommissarisse gehou om hierdie aanvalle te bespreek, en die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas om die situasie te monitor.Dìt volgens Bheki Cele, die minister van polisie.
“Of dit nou ekonomiese sabotasie, arbeids- of diensleweringverwante geskille is, die polisie sluit diegene in wat kies om geweld en intimidasie te gebruik vir watter motief ook al. Intelligensie dui daarop dat aanvalle op vragmotors sakeverwant kan wees en ons weet dat dit nie net toevallige dade van misdadigheid is nie,” het Cele gesê. Hy het gesê bewyse dui op ‘georganiseerde, gekoördineerde en gesofistikeerde operasies wat poog om die staat te ondermyn en te saboteer’.