Skip to main content

Die knorrige kwêvoël deur Julia Donaldson

 

 “Kwêvoël sit rustig in haar nes hoog daar bo,

met haar grys opwipkuif en haar wakker kraaloë.”

Die ander voëls wil graag met haar speel en gesels, maar Kwêvoël wil net uitgelos word.

Toe sy egter in die moeilikheid beland, besef Kwêvoël dat ons almal ’n vriend of twee nodig het.

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” van 2011–2013 en het al meer as 100 kinderboeke geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Catherine Rayner is ’n bekroonde skrywer en illustreerder. Sy het illustrasie aan die Edinburgh College of Arts gestudeer, en woon steeds in dié stad saam met haar man en twee seuns. In 2008 is Rayner aangewys as een van BookTrust se tien Beste Nuwe Illustreerders, en in 2009 het sy die gesogte CILIP Kate Greenaway-medalje gewen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!