Nóg vier trokke is vanoggend om 05:00 in Mpumalanga aan die brand gesteek.
Motoriste wat in die omgewing van Ermelo of Piet Retief woon, word aangeraai om roetes via Amsterdam te gebruik.
Die brandstigters is, volgens die polisie, gewapen.
ACSU veiligheidsdienste, die SAP en die brandweer is op die toneel.