Isaac Cloete
Hy was die bekende dr Gert Cloete “Bons” Burger voorheen van Springbok. Volgens bronne was hy Vrydag vanaf sy praktyk in Karasburg, Namibië, op pad na sy plaas toe die ongeluk gebeur het.
Hy het glo ‘n sleepwa gesleep en die vermoede bestaan dat ‘n motorband dalk gebars het. Sy vrou Wilna, was saam met hom en is in die hospitaal opgeneem.
Voor sy dood was daar ses dokters in die familie. Dr Bons was ‘n baie bekende dokter op Springbok, waar sy praktyk voorheen was. Hy het voorheen pasiënte so ver soos in Pofadder (164km verder) gaan besoek voor hy in Karasburg begin praktiseer het.
Intussen stroom medelye van orals oor steeds in. Op hierdie stadium kon die Namibiese polisie nie die oorsaak van die ongeluk bepaal nie.
Bons se broers, Chris en Hentie (én sy vrou) is ook bekende geneeshere. Chris is die afgetrede tandarts, terwyl drr Hentie en sy vrou, Delmarie Warwick, nog op Springbok praktiseer.
Dit het ook aan die lig gekom dat Bons se seun, Christo en dié se vroulief tans in Windhoek praktiseer as dokters.
Dr Bons word Saterdag uit die NG kerk op Karasburg begrawe.