Skip to main content

Nóg vragmotors is gister op die N4-hoofweg voor die Waterval Boven-tonnel naby Machadodorp in Mpumalanga aan die brand gesteek.

“Vyf vragmotors is gisteraand by Waterval Boven aan die brand gesteek, en tans weet ons nie wat die motief was om daardie spesifieke vragmotors aan die brand te steek nie,” het Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, gesê.
Volgens inligting is twee voertuie, waarvan een ‘n Toyota Hilux-bakkie is, by hierdie brandstigting betrokke.

Drywers word beroof van persoonlike items deur gewapende rowers voordat hulle trokke aan die brand gesteek word.

Nog twee trokke is pas aan die brand gesteek naby Empangeni in die KZN-Noordkus.
Die motief agter die aanvalle is onduidelik, en ‘n ondersoek is deur die polisie van stapel gestuur. Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.
Verlede Sondag is ses trokke in die Van Reenens Pas ook aan die brand gesteek, ‘n aksie wat hewige vertragings vir verbruikers van hierdie pad veroorsaak het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!