Die transgender-model en akteur Rikkie Valerie Kolle het Saterdag die eerste mansgebore wenner geword van die Mej. Nederland-kompetisie wat by die AFAS-teater in die dorpie Leusden gehou is. Kolle het nege vroue-gebore deelnemers verslaan om die kroon vir 2023 huis toe te neem.
Die 22-jarige sal later vanjaar Nederland by die 72ste Mej Heelal-kompetisie in El Salvador verteenwoordig, en word slegs die tweede transgender-deelnemer wat tot die internasionale kompetisie deurdring. Die eerste manlik-gebore Mej Heelal-deelnemer was Angela Ponce van Spanje, wat in 2018 deelgeneem het, maar nie kon deurdring na die finale rondte nie.
‘n Instagram-plasing verduidelik dat hoewel Kolle “nie gebore is soos die vrou wat ek wou wees nie,” het die jong model dit net vier maande gelede met ‘n operasie ‘reggekry’. “Vir MY het dit die sirkel voltooi en vir my geluk gebring,” het Kolle afgesluit, sonder om die presiese aard van die prosedure(s) te noem.