Skip to main content

Twee maatskappye wag vir goedkeuring van die departement van minerale bronne en energie (DMRE) vir hul aansoeke om by die kus tussen die Noord-Kaapse grens en die Olifantsrivier te prospekteer.

Nekwana Trading Enterprise, ‘n Polokwane-gebasseerde maatskappy, wil binnelandse regte hê om te myn vir granate, leukokseen, sillimaniet, kaolien (klei) mangaanerts, en monasiet.

SRK Mining wil myn vir “algemene” en “alluviale” diamante op 296 hektaar en die aangrensende brandersone waar De Beers gedurende die 1970’s groot eksplorasie-slote uitgegrawe het.

Omgewingskenners is ontsteld oor die effek wat hierdie myne op die area sal hê. Daar word aangevoer dat die nodige studies nie gedoen is om te verseker dat die ekologie behoue sal bly nie.

Die aansoeke vra vir prospekteerregte op die plaas Karoetjies Kop 150, wat ses kilometer binneland in en 15 km langs die kus noord van die Soutriver strek, volgens ‘n berig in GroundUp.

“Dit is baie kommerwekkend. Daar is massiewe druk om meer mynbou toe te laat, want die regering sien dit as ekonomiese groeipotensiaal, maar niemand sien die groot prentjie in nie,” sê die voormalige hoof van Departement Omgewings- en Geografiese Wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad, Emeritusprofessor Merle Sowman.

Die besturende direkteur van nie-winsgewende organisasie Protect the We Coast, Mike Schlebach, vaar uit op sy webwerf “dat die hele Weskus gevaar loop om een massiewe mynperseel te word, al die pad van Lambertsbaai tot in die Namibië grens”.

Allen Lyons, ‘n afgetrede geoloog en voormalige voorsitter van die Strandfontein Belastingbetalersvereniging, sê: “Dit is ‘n bietjie soos ‘n voeding-waansin, en ons wen geen gevegte nie. Dit is ook ‘n baie duur proses, en teen die tyd dat enige van ons appèlle die minister se lessenaar bereik, is die stryd gewoonlik reeds verlore.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!