Skip to main content

Het jy geweet dat volstruise kan brul soos leeus en dat hulle vinniger kan hol as perde?

Die Waarheid het ‘n bietjie gaan krap oor ongewone dinge wat diere betref, en op ‘n paar interessanthede asook skrikwekkende dinge afgekom.

Mense wat aan arachnofobie ly sal nou horries kry as hulle moet weet dat daar gemiddeld 50 000 spinnekoppe per akker in veld-gebiede is.

Alhoewel vlermuise die enigste soogdier is wat kan vlieg, is hulle bene so dun dat slegs twee uit die 1 200 spesies op die grond kan loop.

Daar is ook twee soogdiere wat, nes vrouens, menopause ondergaan: Boggelrugwalvisse en olifante.

Vir elke mens op hierdie aarde is daar een miljoen miere. O ja, en miere slaap nooit nie.

Wie sou nou kon raai dat huisvlieë se irriterende gebrom in die F-sleutel gebeur?

As jy ‘n druppel alkohol op ‘n skerpioen gooi, sal dit hom só mal maak dat hy homself dood sal steek.

Die Giant African Swallowtail, Afrika se grootste skoenlapper, is só giftig dat dit ses katte se dood kan veroorsaak. Gelukkig kom hulle net in die tropiese reënwoude van Sentraal-Afrika voor.

Leave a Reply

error: Content is protected !!