Die voormalige Springbok-kaptein Bobby Skinstad is gebore
Robert Brian (Bobby) Skinstad, die jongste Springbok-rugbykaptein ooit, is in Bulawayo, Rhodesië (Zimbabwe), gebore. Skinstad het die Springbokke in twaalf toetse aangevoer. Na ‘n semi-uittrede uit Suid-Afrikaanse Rugby in 2004, het Skinstad in 2007 teruggekeer na ‘n lang verblyf in Engeland waar hy ‘n gereelde speler vir die Barbarians was.
Skinstad het in November 2007 amptelik uit beroepsrugby getree.
Bron: SAHO