Skip to main content

Suid-Afrikaners gaan van Julie af die sak behoorlik moet skud, want reeds onbekostigbare munisipale dienste word nog duurder.

Johannesburgers staar ‘n tariefverhoging van 2% in die gesig, wat nie te sleg klink nie, maar elektrisiteit – as dit beskibaar is – word ‘n traanoog-14,98% duurder, water se prys word 9,3% duurder, hulle sal 9,3% meer vir sanitasie en 7% meer vir vullisverwydering betaal.

Sake lyk selfs erger vir Pretorianers: elektrisiteit word 15,1% duurder, die prys van water styg met 9,2%, sanitasie word 9,2% duurder en hulle sal 6% meer vir vullisverwydering moet opdok. Die dienstetarief styg met 5%.

Kapenaars se tariewe daal met 1,1%, maar hulle elektrisiteitspryse styg met ‘n allemintige 17,6%, water met 8,6%, sanitasie met 8,6% en vullisverwydering met 5,5%.

Buffalo City (Oos-Londen) se inwoners spring ‘n tariefverhoging vry, maar hulle betaal meer vir elektrisiteit (15,1%), water (9,86%), sanitasie (5,3%) en vullisverwydering (5,3%).

Dienste (4,4%), elektrisiteit(14,98%), water (12%), sanitasie (5,3%) en vullisverwydering (5,3%) word ook duurder in Ekurhuleni.

Leave a Reply

error: Content is protected !!