Volgens Kgosientsho Ramokgopa, die minister van elektrisisteit, is ongeveer R210 miljard nodig om Eskom op te gradeer sodat dit toekomstige hernubare energieprojekte kan akkommodeer.
Ramokgopa het Sondag gesê dat die regering “kreatiewe maniere” sal vind dat die bedrag deur die private sektor gefinansier word sodat elektrisiteitsopwekking in die land verhoog kan word.