Skip to main content

Daardie vars reuk wanneer die eerste reën na ‘n lang tyd val, het ‘n naam: Petrichor. Dié spesifieke reuk vul die lug wanneer reënwater die olie wat deur plante afgeskei word, en op die grond verdroog het, met neweprodukte van ‘n spesifieke tipe bakterie vermeng. Die bakterie se naam is aktinomiset, ‘n draadagtige filamentbakterie wat gewoonlik in warm en klam grond groei.

‘n Ander interessante ding wat Die Waarheid raakgelees het is dat die kleur wat mense in stikdonker tye sien ook ‘n naam het. As jy in ‘n pikdonker kamer jou oë toemaak en weer oopmaak, word daardie donkergrys kleur wat jy sien, eigengrau genoem.

Hier is iets wat jy grillerig mag vind: Het jy geweet dat daar meer ‘lewende goedjies’ op jou liggaam is as wat daar mense op aarde is? Triljoene mikrobes/mikroörganismes woon op jou lyf, en 90% van die selle waaruit jou liggaam bestaan is opgemaak uit mikrobes. Daar is ongeveer 10 mikroörganismes vir elke menslike sel, en hierdie mikrobes dra by tot vertering, produseer vitamien K, bevorder ontwikkeling van die immuunstelsel en ontgif skadelike chemikalieë.

As jou naam Jessica is, moet jy Shakespeare daarvoor bedank. Hy het dié naam in die 1596 toneelstuk getiteld The Merchant of Venice gebruik. Shylock se dogter word ‘n verengelsing van die Bybelse naam Iscah, gegee, en dit het Jessica geword.

Menere, vroue moet julle bedank vir hoëhakskoene aangesien dit eerste vir júlle ontwerp is in die 16de eeu. Hoë hakke tydens die Persies-geïnspireerde styltydperk in Europa is gesien as viriel en manlik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!