Skip to main content

Die hof vir gespesialiseerde handelsmisdade in Gqeberha het Mzikazi Mahlalasa (57), Letitia Mack (49), Yonela Ntsaluba (39) en Nomthandazo Takayi (52) op 21 Junie 2023 skuldig bevind aan aanklagte van diefstal. Die vyfde beskuldigde, Nondumiso Waxa (45), is in Maart 2019 oorlede.

Gedurende die tydperk van 21 Augustus 2009 tot 29 Oktober 2010 was die beskuldigdes in diens van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling in Strafafdeling Nuwe Regshowe te Gqeberha waar hul pligte was om borgbetalings te ontvang, borgkwitansies uit te reik, gelde op die rekeningkundige stelsel te noteer en verder duplikaat handmatige borgkwitansie aan die klagstaat te heg. Die beskuldigdes het saamgesweer en borgtogkwitansies uitgereik maar nooit die transaksies op die rekeningkundige stelsel aangeteken nie. Al die beskuldigdes het die kontant in hul persoonlike rekeninge betaal.

Die ondersoek deur die Gqeberha-gebaseerde Ernstige Kommersiële Misdaad Ondersoek-afdeling van die Valke het aan die lig gebring dat die departement met meer as R92 800 benadeel is. Die beskuldigdes is in 2010 gearresteer en is op borg vrygelaat. Ná verskeie hofverskynings is die beskuldigdes skuldig bevind en hulle sal op 26 Julie 2023 gevonnis word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!