Skip to main content

Isaac Cloete

Die gemeenskap gons behoorlik oor die vyf verdagtes wat vasgetrek is vir verskeie misdrywe.

Dit nadat die Valke verlede week vier verdagtes in Bergsig, naby Springbok, gearresteer het vir dwelmhandel in die area.

Die vier, Gherswin van Wyk (35), Jasper “Aapman” Pretorius (40), Mothusi Molale (45) en Michael “Piella” September (43), was Maandagoggend douvoordag vasgetrek, volgens die Valke se woordvoerder, luit kol Tebogo Thebe.

Die vyfde verdagte is Kelvin Brown, wat tans in hegtenis is vir beweerde verkragting, waarvoor hy nog moet voorkom. Brown gaan aangekla word op drie klagtes van korrupsie.

Soos Molale is Brown ook ‘n polísiebeampte. Die aangeleentheid het reeds in 2019 begin toe die polisie bewus geword het van die persone se beweerde bedrywighede. Die ondersoekwerk was hierna versterk toe dit aan die lig gekom het dat van die polisie ook betrokke was.

Die ondersoekspan het die afgelope tyd agtergekom dat die beskuldigdes dwelms soos dagga, tik en mandrax ter waarde van R13 000 versprei het. Soms was polisie-voertuie hiervoor gebruik.

Tydens die ondersoekperiode van 30 maande was Brown werksaam by die Springbok polisiestasie en Mothusi by die Springbokhof. Dit het aan die lig gekom dat Molale uit die polisie bedank het.

Brown het onlangs nog gesê dat hy uit die polisie-bedank het weens die twee beweerde verkragtingsake. Volgens hom is sekere individue in die polisie besig om op hom te trap.

“Van hulle het my voorheen lelik beswadder, maar dit lyk asof hulle nou meer na my kant toe wil kom. Ek beoog of oorweeg dit om weer terug te keer na die polisie, maar wil eers my naam skoon kry.”

Plaaslike inwoners is steeds verslae oor die beweerde voorvalle, arrestasies en persone betrokke. Hulle voel dat die gereg maar sy gang moet gaan.

Die verdagtes het gister vlugtig in die Springbokhof verskyn vir korrupsie en die onwettige handel in dwelms.

Die saak was uitgestel tot Maandag, 17 Julie, vir formele borgtogaansoeke. Al vyf is in hegtenis, volgens die woordvoerder van die Valke, Nonthandazo Mnisi.

* ­Teen druktyd was dit nie bekend wanneer Brown weer in die hof sal verskyn vir die ander klagtes wat verband hou met die verkragtings nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!