Skip to main content

George April

Twee persone het Sondagmiddag op die kruising van die R45 en Kerkstraat gesterf in ‘n gru-botsing tussen drie voertuie.

West Coast Medical Rescue (WCMR) en verskeie nooddienste-voertuie was na die wrede ongeluk op die toneel.  Een voertuig het op sy dak te lande gekom, met die ander twee voertuie wat byna onherkenbaar beskadig was.

Met die aankoms van nooddienste, is drie pasiënte geassesseer, en gevind dat twee geen tekens van lewe getoon het nie en is op die toneel dood verklaar. ‘n Derde pasiënt is na die Vredenburg hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Vorige noodlottige ongelukke het al op dieselfde kruising plaasgevind, wat dit ‘n baie gevaarlike kruising maak.  “Inwoners van Hopefield moet regs afdraai, en motoriste wat “straight” ry, ry dikwels verkeerde kant van jou voertuig om.”  “Ek was al byna drie keer in ‘n ongeluk op dieselfde kruising betrokke,” het ‘n vrou, wat verkies om anoniem te bly, gesê.

“Ek weet nie hoe gister se ongeluk gebeur het nie, maar mense moet seker maak dis skoon agter hulle, voordat hulle afdraai,” was die vrou se advies vir motoriste.

Leave a Reply

error: Content is protected !!