Die woord meme is afgelei van die Griekse mimema, wat “nageboots” beteken.
Woordeboeke beskryf ‘n meme in die algemeen as ‘n beeld, video, stuk teks, ensovoorts, tipies humoristies van aard, wat vinnig deur internetgebruikers gekopieer en versprei word, dikwels met effense variasies.
Die woord meme is geskep deur Richard Dawkins in sy 1976-boek The Selfish Gene. Hy wou probeer verduidelik hoe verskillende aspekte van kultuur gereproduseer word en terselfdertyd muteer.
‘n Getekende prent wat op Twitter ‘n verskyning gemaak het, het mense opgewonde gehad omdat dìt heel moontlik die heel eerste meme ooit was. Die ‘Verwagtinge vs. Realiteit’-grappie dateer uit óf 1919 óf 1920.
Die oudste video meme is Baby Cha-Cha-Cha, ook bekend as Dancing Baby, wat in 1996 geskep is om ‘n nuwe sagteware deur Kinetix Character Studio bekend te stel
Daar word na raming daagliks 110 000 tot 120 000 memes op net één webwerf gemaak. Kan jy jou indink hoeveel webwerwe daar is waarop mense hierdie kreatiewe goedjies kan uitdink?
As jy regtig kreatief is en miljoene volgelinge met jou memes kan opbou, kan jy honderde duisende dollars per jaar verdien deur geborgde plasings en geaffilieerde transaksies.
Wat is die verskil tussen ‘n GIF en ‘n meme?
GIFS is geanimeerd, terwyl memes staties (stil) is. ‘n Meme kan as ‘n gif beskou word as dit kan beweeg.