Skip to main content

Die Nasionale Gesondheidsversekerings-wetsontwerp (NGV) is deur die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die volgende besluit lê nou in die hande van die Nasionale Raad van Provinsies.

Volgens hierdie omstrede wetsontwerp sal al Suid-Afrika se burgers net aan een staatsbeheerde mediese skema behoort.

NGV is volgens die regering ‘n gesondheidsfinansieringstelsel wat ontwerp is om fondse saam te voeg om toegang te bied tot gehalte bekostigbare persoonlike gesondheidsdienste vir álle Suid-Afrikaners gebaseer op hul gesondheidsbehoeftes, ongeag hul sosio-ekonomiese status.

Hierdie stelsel sal na beraming oor ‘n klompie jare ingefaseer word indien dit oral die groen lig kry.

Leave a Reply

error: Content is protected !!