Anne Hidalgo, burgemeester van Parys, beplan om ‘n komitee saam te stel om te ondersoek of burgers in die Franse hoofstad moet leer om saam met rotte te leef eerder as om te probeer om die ongediertes uit te roei, het ‘n stadsamptenaar verlede week gesê.
“Met leiding van die burgemeester het ons besluit om ‘n komitee oor die kwessie van saamwoon te vorm,” het Anne Souyris, Parys se onderburgemeester vir openbare gesondheid, op ‘n vergadering van die Raad van Parys gesê.
Die nuut aangekondigde beleid verteenwoordig ‘n beduidende afwyking van vorige maatreëls wat in Parys geïmplementeer is om die stad se geraamde ses miljoen rotte aan te pak. Die hoofstad se 2017 anti-rotteplan het $1,8 miljoen van sy fondse in ‘n reeks anti-knaagdierbeleide, soos die installering van lugdigte asblikke en die grootskaalse gebruik van rotgif op duisende terreine regoor die stad, gebruik.
Daar word vermoed dat die rotprobleem vererger is deur onlangse pensioen-hervormingsbetogings in Parys, waarin vullis vir weke lank nie op straat afgehaal is nie.
En met Parys se rotbevolking steeds meer as sy menslike eweknieë met ‘n verhouding van ongeveer 3:1, word nuwe maatreëls oorweeg – met Souyris wat sê die komitee sal “die mees doeltreffende” manier vir Parysenaars en rotte om saam te bestaan, wat “nie ondraaglik is nie vir mense wat in die stad woon”, vas te stel.
Parys het lank ‘n onstuimige verhouding met peste. Rotte was grootliks verantwoordelik vir die verspreiding van die builepes, wat die helfte van die stad se bevolking in die 14de eeu doodgemaak het. Die diere het egter ook burgers gehelp om hongersnood af te weer tydens die 1870-71 Beleg van Parys in die Frans-Pruisiese oorlog.
Parys is nie alleen in die poging om nuwe metodes te bedink om eeue-oue probleme soos rotbesmettings op te los nie. New York het sy eerste sogenaamde ‘rot-tsaar’ in April aangestel om sy eie knaagdierprobleme te hanteer, terwyl die Franse stad Toulouse die gebruik van frette (ferrets) gebruik het om die rotbevolking onder beheer te bring.