Die SAPD-bestuur het die vonnis wat die verkragting-beskuldigde, Pastoor Joseph Themane, in die Kathu-streekhof opgelê is, verwelkom.
Gedurende 2020 is twee meisies deur die beskuldigde as duiwelbesete geklassifiseer.
Die beskuldigde het die twee slagoffers, onderskeidelik 18 en 15 jaar oud, na die veld geneem, hulle verkrag en gesê dit is deel van die genesings- en reinigingsproses.
Die slagoffers het hul ouma ingelig. ’n Saakdossier is geopen en die beskuldigde is gearresteer en borgtog is suksesvol teengestaan.
Op 9 Junie 2023 het die Kathu-streekhof die 63-jarige beskuldigde tot drie-en-dertig jaar (33) direkte gevangenisstraf gevonnis en die vonnisse sal samelopend uitdien. Hy is gevonnis tot 18 jaar vir aanklag 1 en 15 jaar vir aanklag 2.