Skip to main content

Isaac Cloete

‘n Tenderbedrogsaak van etlike miljoene rande het uiteindelik sy einde bereik.

Dis ‘n saak waarin die staat beweer het dat Nevie Aubrey Baartman, toe nog munisipale bestuurder by die Nama Khoi-munisipaliteit op Springbok, in 2013 betrokke was by tenderbedrog.

Baartman en Zihaadt Cloete se maatskappy, MPG CONSTRUCTION het tereggestaan op klagtes van tenderbedrog ter waarde van ongeveer R79 miljoen.

Die staat het deurgaans beweer dat Baartman sy posisie as munisipale bestuurder gebruik het sodat die tender na Cloete moes gaan.

Maandag was Baartman en sy medebeskuldigde, Zihaadt “Hangkas” Cloete van Matjieskloof, buitekant Springbok, hierop onskuldig bevind.

Baartman was egter skuldig bevind aan growwe nalatigheid en die nie-nakoming van munisipale regulasies ten opsigte van die munisipaliteit se finansies. Hy sal op 14 September gevonnis word.

Cloete se eks-vrou, Marelize, was aanvanklik ook aangekla op die klagte. Sy was vroeër die jaar hierop onskuldig bevind omdat die hof  haar nie met die klagte kon verbind nie.

Daarenteen was Cloete verlig oor die uitspraak en het vertel dat hy geweet het dat hy onskuldig was. Hy het verder ‘n striemende aanval op Sarel Stone, ‘n Afriforum voorsitter, geloods. Volgens hom het Stone onnodiglik jag op hom gemaak. Hy het voorts vir Stone van blatante rassisme beskuldig.

“Ek is tevrede met die uitspraak, want ek het weereens bewys dat ek onskuldig was. AfriForum is die grootste rassistiese organisasie in Springbok terwyl Stone die grootste rassis op die dorp is. Hulle werk saam met die ‘wit’ Hawks om ons Bruinmense se besighede af te druk.”

Die AfriForum-tak op Springbok was die klaer in die saak. Hulle voorsitter, Sarel Stone, wou nie Maandag by die hof kommentaar lewer nie.

One Comment

  • YC Coetzee says:

    en so kom Afriforum se kleure na vore, pleks daar groot gegaan word oor n korrupte president met USD onreelmatighede.

Leave a Reply

error: Content is protected !!