Skip to main content

Die ANC se voormalige sekretaris-generaal, Ace Magashule, is uit die party geskors.

Mahlengi Bhengu-Motsiri, die party se woordvoerder, het dit gister bevestig. Volgens Bhengu-Motsiri is die besluit deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee (NDC) geneem nadat Magashule glad nie gereageer het op instruksies om binne sewe dae te antwoord hoekom hy nie uit die party geskors moet word nie.

Dìt nadat Magashule skuldig bevind is dat hy die party in oneer gebring het ná sy poging om president Cyril Ramaphosa te skors.

Leave a Reply

error: Content is protected !!