Skip to main content

ANC-kaderontplooiing het nog ‘n terugslag beleef nadat die Johannesburgse hooggeregshof vanoggend ‘n ANC-aansoek om verlof om te appelleer teen ‘n vroeëre uitspraak van die hand gewys het.

Die oorspronklike uitspraak het die party beveel om volledige rekords van sy nasionale kaderontplooiingskomitee wat terugdateer na 1 Januarie 2013 bekend te maak.

Die hof het bevind dat “daar geen redelike vooruitsig op sukses in ’n appèl is nie, en daar is ook geen rede om die appèl na ’n ander hof te verwys nie. Die aansoek om verlof tot appèl word met koste van die hand gewys.”

Die DA het die aanvanklike aansoek gebring.

“Die rekords, wat terugdateer na 1 Januarie 2013, dek die tydperk toe president Cyril Ramaphosa voorsitter van die ANC se kaderontplooiingskomitee was. Dit was toe Ramaphosa se komitee die korrupte mense wat die staat gevang en gekorrupteer het, “ontplooi” het. Die feit dat die ANC met hand en tand baklei het om hierdie rekords vir die publiek weg te steek, dui daarop dat die dokumente vir die heel eerste keer Ramaphosa se persoonlike aandadigheid aan staatskaping en korrupsie as kaderontplooiingsvoorsitter sal blootlê,” het die DA-parlementslid  Dr Leon Schreiber gesê.

One Comment

Leave a Reply

error: Content is protected !!