Skip to main content

Die ANC se Nasionale Dissiplinêre Komitee (NDC) het dit vandag bevestig dat Ace Magashule uit die party geskors is. Magashule is die ANC se voormalige sekretaris-generaal en die voormalige premier van die Vrystaat.

Hy het voorheen probeer om president Cyril Ramaphosa te laat skors en versuim om daarvoor om verskoning te vra, ondanks ‘n bevel van die party om dit te doen.

“Die skorsing van Ace Magashule uit die ANC het my geensins verbaas nie,” sê die politieke party ARETA, se Carl Niehaus.

“Dit is dieselfde onverdraagsaamheid waarmee ek ook verlede jaar in Desember uit die ANC geskors is.  Dieselfde klousule, Klousule 25 van die ANC se grondwet, is ook mibruik om hom te skors.“

Niehaus sê dit is duidelik dat die ANC nou ‘n onding geword het wat nie meer as ‘n nasionale bevrydingsorganisasie beskou kan word nie. “”Dit is teen progressiewe denke, dit is teen radikale ekonomiese transformasie en enige persoon wat hom- of haarself daarvoor uitspreek, word nou deur die ANC aangeval. Dit is vir my baie duidelik dat die tyd gekom het om te sê die ANC is dood. Al wat ons nou nog moet doen, is om die ANC te begrawe en die grafsteen op te rig.

Hy meen hierdie aksie van die ANC om vir Ace Magashule te skors, is maar net nog ‘n verdere stap teen die afgrond af waar die ANC uiteindelik verwerp sal word as party wat die land kan regeer. Hulle sal uiteindelik beland in ‘n situasie waar die verwarring wat hulle uiteindelik in totale verwerping in Suid-Afrika sal beland.

Leave a Reply

error: Content is protected !!