Gerda Steyn, die superster van Suid-Afrikaanse ultra-marathons, het Frith van der Merwe se rekord van 5:54:43 in die af-wedloop vir vroue gister tydens die 96ste Comrades met byna tien minute verpletter.
Frith se rekord het sedert 1989 gestaan.
Die rekord in die mans-afdeling het ook in die slag gebly, maar dit was ‘n naelkoustryd waartydens al drie die eerste atlete in ‘n vinniger tyd as die bestaande rekord by die wenpaal opgedaag het. Die wenner, Tete Dijana, se nuwe rekord van 5:13:58 was net drie sekondes vinniger as die blitstyd van Piet Wiersman van Nederland, wat tweede was.