Skip to main content

Die diamanthandelaar Louis Liebenberg het vanoggend op Die Waarheid Radio belowe dat hy hierdie week ‘n paar bomme tydens onderhoude met die radiostasie se omroepers gaan laat ontplof.

“Hier gaan ‘n paar bomme hierdie week tref, maar ek het reeds voorsorg getref deur kabinetslede in te lig en hulle is dit te wagte. So kom ons kyk wat hierdie week op Die Waarheid gesels gaan word. Dit gaan ‘n week lank wees, tot in volgende week, waar ek die waarheid gaan praat op Die Waarheid,” het Liebenberg gesê.

Volgens hom word waarheid en leuen so in die hoofstroommedia, veral publikasies in die Media24-stal, vermeng dat lesers later nie meer ‘n idee het wat die waarheid is nie.

“Ek gaan die waarheid, niks anders as die waarheid nie, vir luisteraars gee. So help my God! Kom ons kyk of ek wel ‘n korrekte, onkreukbare weergawe vir ons luisteraars kan gee sodat hulle nie in paniek en angs verval nie,” het hy belowe.

Media24 se publikasies het die afgelope maande digby 200 artikels oor die diamantman geskryf. Die berugte berus grootliks op halwe waarhede, verdraaiings en feite wat buite konteks gebruik is.

Die Waarheid sal in die komende week daagliks berig oor die onderhoude met Liebenberg en die onthullings wat hy maak.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!