Skip to main content

124 ongeregistreerde “dokters” is die afgelope tyd in hegtenis geneem.

Die Minister van Gesondheid, Joe Phaahla, het die die syfer bekend gemaak in antwoord op ‘n geskrewe parlementêre vraag van Vuyo Zungula van die ATM.

Die arrestasies volg op optrede deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA).

Phaahla het gesê die ongeregistreerde dokters ontduik die stelsel deur by die private sektor aan te sluit waar hulle in kontant betaal kan word of in praktyke van geregistreerde dokters opereer.

Die HPCSA het die afgelope paar maande kommer uitgespreek oor die groot aantal vals dokters wat in dorpe en stede werksaam is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!