Skip to main content

‘n Polisiekonstabel (35) is gister omstreeks 01:30 in die Masilo satelliet-polisiestasie in die Vrystaat geskiet en beseer nadat drie mans wat balaklawas aangehad het, die perseel betree het.

Hulle het na bewering lukraak op die polisiebeampte wat aan diens was geskiet, waartydens sy in die maag gewond is. Die kontabel het teruggeskiet en die verdagtes het gevlug.

Sy is na ‘n hospitaal geneem.

‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.

Inwoners wat inligting oor die verdagtes het, word gevra om na vore te kom.

Kontak kan met Stop Misdaad by 08600 10111 gemaak word. Alternatiewelik kan wenke deur die MySAPS-toepassing verskaf word.

Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word en jy mag kies om anoniem te bly.

Leave a Reply

error: Content is protected !!