Oudpresident Jacob Zuma se poging om die joernalis Karyn Maughan en aanklaer Billy Downer te vervolg, is in die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg tersyde gestel met koste.
Die voormalige president het beweer dat Downer verantwoordelik was vir die lek van private mediese inligting aan Maughan.