Die polisie in KwaZulu-Natal het 9 016 verdagtes in Meimaand in hegtenis geneem vir ‘n verskeidenheid misdade, insluitend moorde, poging tot moord, verkragting en verskeie soorte rooftogte, asook motorkaping.
Altesaam 2 620 verdagtes is vir kontakmisdade in hegtenis geneem. Honderd vyf en vyftig van hulle is vasgetrek in verband met moord, insluitend ‘n plaasmoord. Nog honderd twee en twintig verdagtes is aangetree nadat hulle met sake van poging tot moord verbind is. ‘n Totaal van 325 vuurwapens, insluitend 29 gewere en 19 haelgewere is ook uit die samelewing verwyder. Meer as 3 000 rondtes ammunisie van verskillende kalibers is ook gekonfiskeer.
Die oorlog teen geslagsgebaseerde geweld is ook verskerp en die polisie se pogings om die plaag hok te slaan het gelei tot die arrestasies van 213 verdagtes vir verkragting, 27 mense is vir seksuele aanranding, terwyl nog sewe verdagtes vir poging tot verkragting in hegtenis geneem is. Nege verdagtes is ook vir ander seksuele misdrywe agter tralies geplaas. Ondersoekers van die polisie se eenhede vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) regoor die provinsie was hard aan die werk en meer as 11 lewenslange vonnisse is in Mei maand opgelê. Nog honderd nege en veertig mense is gearresteer as gevolg van die oortreding van die Wet op Gesinsgeweld.
Sewe-en-vyftig verdagtes is vir huisrooftogte gearresteer, 20 mense is vir motorkaping vasgetrek en 33 verdagtes is vir sakerooftogte in hegtenis geneem. ‘n Verdere 1 245 verdagtes is gearresteer vir aanranding met die doel om ernstig te beseer. Daar is in die proses beslag gelê op seshonderd vier en twintig messe, 28 kapmes, 21 vegstokke en 2 byle.
Op die veediefstalfront is 17 verdagtes gearresteer vir diefstal van vee. Een-en-dertig beeste, 24 bokke en nege skape is teruggevind.
Dwelms is ook geïdentifiseer as een van die bydraende faktore in die pleging van misdaad. Toegewyde spanne speurders en sigbare polisiëring het daarin geslaag om 1 577 verdagtes vir dwelmverwante misdade in hegtenis te neem en 34 mense is ook vir ontvoering gearresteer.